Huiseienaars met ’n verband byNedbank het nou die opsie om sonkragstelsels te laat installeer en die koste by hul bestaande huisverband te voeg. Dié bank het pas ’n ennootskap met die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Vereniging (Sapvia) gesluit en bied nou
dié opsie aan huiseienaars mits hulle van ’n geakkrediteerde installeerder op Sapvia se lys van PV Green Card-houers gebruik maak.
Die PV Green Card-program is Sapvia se gehaltebeheerprogram en is slegs vir installeerders wat van die beste beskikbare tegnologie gebruik maak en aan al die vereiste standaarde voldoen wat betref die installering van sonkragstelsels.
Die basiese opsies vir sonkragstelsels is:
’n Netwerkgekoppelde stelsel met terugvoer-tariewe:
Dis ’n stelsel sonder batterye. Jy gebruik jou eie krag, maar as jy te min het, koop jy van die munisipaliteit, en as jy te veel het, verkoop jy dit aan die munisipaliteit.
’n Netwerkgekoppelde hibriede stelsel:
As jy te veel krag het, kan jy batterye laat laai of dit aan die munisipaliteit terugverkoop. As beurtkrag toeslaan, kan jy dan krag van diemunisipale netwerk nie.
’n Alleenstaande stelsel:
Dis ’n heeltemal onafhanklike stelsel met batterye. Jy is glad nie gekoppel aan ’n eksterne kragnetwerk nie. Jy gebruik jou eie sonkrag, oortollige krag laai die batterye waaruit jy krag kry as jy te min het. Alleenstaande stelsels moet ook by die munisipaliteit geregistreer word, maar vereis nie die volledige goedkeuringsproses nie.
Huiseienaars kan nou sonkrag aanskaf en die koste by hul bestaande huisverband
Kliënte kan aanlyn, by ’n tak of deur ’n geakkrediteerde installeerder om finansiering
vir enige van dié stelsels aansoek doen.
Nedbank-kliënte met ’n bestaande huisverband kan nou aansoek doen dat die koste van die installasie by hul bestaande huislening gevoeg word. Die koste word dan van die kliënt se bestaande huisverband verhaal.
Sapvia het voorheen ’n soortgelyke ooreenkoms met Standard Bank aangegaan
waarvolgens dié bank ook steun bied aan ondernemings en veral boerderye wat
sonkragstelsels wil laat installeer deur ’n installeerder wat deel van Sapvia se PV
Green Card-program is.
(bron) NETWERK24 / SAKE – deur Petrus Malherbe 05 Augustus 2020